-
Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.
Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.GARIEPFEES SPEKKIES SE GROOT AVONTUUR
Datums en Tye:
Vrydag 2 September @ 15:00
Saterdag 3 September @ 10:00
Plek: Gariepfees Eureka Teater
Koste: R70Hannah en Patrys is ou vriende wat elke dag saam speel (en sing en dans). Hulle kom Spekkies, die eekhoring, teë en hy laat krimp hulle tot sy grootte om hul beter te leer ken. Spekkies verduidelik dat hy opsoek is na neute vir die winter en Hannah en Patrys besluit om hom te help.
Sal Spekkies genoeg kos bymekaar maak, sal Hannah en Patrys hom kan help, en gaan hulle ooit weer hul pad huistoe vind? Kom vind uit in hierdie vermaaklike vertoning van Spektrum Kinderteater, vol sang en dans en natuurlik… die GROOT avontuur.
ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE
Shortlink for this post: https://www.kimberley.co.za/?p=23480
-
-