Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES KLEIN JAKKALSIES

    Met Diaan Lawrenson en Jody Abrahams
    Datum: Saterdag 3 September

    Tyd: 14:00
    Koste: R120

     

    HY:
    ‘n Vrou wil net een ding van ‘n man af hê. Wat daai ding is, mag sy dalk eers aan die einde van die huwelik uitvind.
    SY:
    Ek het geleer mans is eintlik baie meer kompleks as wat ons hulle krediet voor gee. Hy kan nies en gaap op dieselfde tyd.
    HY:
    Vir my gaan die huwelik net oor gee en neem. En jy moet kies watter een jy wil doen.
    SY:
    ‘n Huwelik het balans nodig. Ek is altyd reg en hy is altyd verkeerd.

     

    Julle ontmoet, raak smoorverlief, verloof en berei jul voor op ‘n idilliese lewe saam. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood. Dan lui die voordeurklokkie en ‘n gros klein Jakkalsies daag ongenooid op en begin hulle stadig maar seker in jul huwelik tuismaak. Dinge begin jeuk en krap en die huweliksvlammetjie is in fase drie beurtkrag en julle kom agter geite en giere bring net miere! As jy die strop om die nek het, sal jy elkeen van die Jakkalsies herken en indien jy dink aan trou, sal die komedie jou baie goed voorberei.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order