Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES DIAMANTSTAD STERREWEG TOEKENNINGS - VRYDAG

    Datum: Vrydag 2 September
    Plek: Gariepfees Feesterrein
    Tyd: 18:00

    Hennie Smit

    Hennie Smit is geen onbekende in die verhoog- en vermaaklikheids-wêreld nie.  Hy het drama studeer aan die Goudstad Onderwyskollege en het tydens sy studies in die destydse Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste se operakore gesing.  Hy speel verskeie rolle in radioproduksies vir Springbok Radio en die SAUK en dus kuier sy stem gereeld in kombuise op draadlose regoor ons land. 

     

    Hennie het in 1979 sy debuut in die rolprent Pretoria, o Pretoria! gemaak en het daarna in 33 ander filmrolle verskyn, waarvan ses internasionaal was. Hennie was vir byna 20 jaar as die geliefde karakter, Bertie in die sepie Egoli – Plek van Goud, te sien en het in 2014 die rol van Dêda, in Lefra Produksies se trefferklug, My Boetie se Sussie se Ou vertolk.

     

    Vanjaar is dié huis houdelike naam Egbertus Wolmarans in die musiekteaterproduksie, As Drome Vlerke Kry, saam  met Arina de Witt. Koop dus sommer  dadelik jou kaartjies vir dié vertoning  op Vrydag, 2 September, om 16:00 by  die Newton Teater.

    Marga van Rooy

    Vanjaar is Marga van Rooy se 52ste jaar as professionele verhoogaktrise.  Nadat sy in 1965 die heel eerste Jamie Uys dramabeurs aan die Universiteit van Pretoria losgeslaan het, voltooi sy haar BA drama-graad en ook haar BA Honneurs-graad, cum laude.  Marga speel uiteenlopende rolle, van Shakespeare tot Melt Brink, Tjekov tot Sophocles, waar sy heelwat nominasies en toekennings ontvang vir haar spel. Tydens haar tyd by Sukovs verower sy die landwye Vita-prys vir haar drama, Die Pakkamer, as Dramaturg en beste byspeler in Pieter Fourie se Groot Wit Roos. 

     

    Landswye bekendheid volg haar uitbeelding van Worsie se ma, Ella, in die TV-reeks Vetkoekpaleis.  Sy was ook te siene in Egoli – Plek van Goud, 7de Laan en in 2015 in Villa Rosa op kykNET.  In 2014 verower sy die beste byspeler titel vir die film Die Windpomp. Sy is ook benoem vir ‘n Safta-toekenning vir Fanie Fourie se Lobola.  Na baie jare van optree in eenvrou-vertonings by feeste soos byvoorbeeld Dot Serfontein, P.H. Nortje en mikro werke, word sy in 2015 vir ‘n Fiësta-toekenning genomineer as beste byspeler vir haar rol by die feeste in Beauty Queen.

     

    Marga is vanjaar in die komedie, Daa’ Gaat die Bruid!, te sien tydens die Gariep Kunstefees wat op Saterdag, 3 September, om 11:00, 15:00 en 18:00 in die Newton Teater te siene sal wees.

    Lieb Bester

    Lieb Bester begin sy loopbaan as akteur in 1969 op die verhoog vir die Afrikaanse Toneelgeselskap van Springs in Uys Krige se Die Ryk Weduwee.  In 1973 volg die eerste rolprent, Seun van die Wildtemmer van Willie van Rensburg, vervaardig deur Kavalier Films en onder regie van Bertrand Retief.  Hierna volg rolle in verskeie rolprente en televisiereekse, en is hy seker die bekendste as Professor Fritz Retief in die sepie Villa Rosa. Vir sy rol in Sterk Skemer word hy genomineer vir ‘n Avante-toekenning as Beste Akteur. 

     

    Hy is betrokke by radiodrama’s sedert 1974, en is ook ‘n gesoute musikant.  Lieb bespeel verskeie musiekinstrumente soos die klavier, orrel, trekklavier, konsertina en kitaar.  Hierdie oud-lid van die Suid-Afrikaanse Weermag tree gedurende 2001 uit die diens met die rang van kolonel, maar is steeds een van ons land se bekendste gesigte op TV en op verhoë landswyd.

     

    Moet hom nie misloop in Daa’ Gaat die Bruid! by vanjaar se fees nie. Dit sal by die Newton Teater speel op Saterdag, 3 September, om 11:00, 15:00 en 18:00.

    Gert van Tonder

    Gert van Tonder was vir 15 jaar ‘n lid van Groep 2, en het gedurende hulle sangloopbaan sowat 17 langspeelplate opgeneem en ongeveer tien kortspelers. Van hulle grootste treffers sluit in Die Oukraalliedjie en Die padda wou gaan opsit. As deel van Groep 2 ontvang Gert twee SARIE-toekennings, vyf goue plate, en die Midem-Trofee in Frankryk tydens die Cannes-musiekfees, waar  hulle saam met bekendes soos, Tom Jones, Vera Lyn, The Moody Blues, Paul McCartney, Udo Jurgens, Adamo en ‘n klomp Europese kunstenaars en ‘n veertig stuk orkes opgetree het.  Nadat hy Groep 2 vaarwel geroep het, het Gert hom meer toegespits op televisie- en rolprentwerk, maar het steeds as solokunstenaar landswyd opgetree.  

     

    Hy het in verskeie radiodrama’s gespeel, sowat agt rolprente en vele televisiereekse.  Gert was vir twaalf jaar mede-aanbieder van die gewilde kinderprogram Wielie Walie.  Hy is tans besig met opnames vir ‘n nuwe CD, getiteld Mengsel, met ‘n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse treffers van weleer, asook ‘n paar nuwe skeppings. Gedurende die afgelope 50 jaar het hy ongeveer 160 Afrikaanse lirieke geskryf, asook die musiek van ‘n groot aantal daarvan, wat deur onder andere Groep 2, Carike Keuzenkamp, Rina Hugo, Sias Reinecke en Dana Winner opgeneem is.

     

    Gert is ‘n legende in die Suid-Afrikaanse kunste en is tydens vanjaar se fees te sien in Daa’ Gaat die Bruid! in die Newton Teater. Kom geniet gerus die komedie op Saterdag, 3 September, om 11:00, 15:00 en 18:00.

    Sedert 2009 bied die Gariep Kunstefees jaarliks die Diamantstad Sterreweg-toekennings aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ‘n besonderse bydrae tot ons land se kunste gelewer het. Vanjaar se sterbelaaide program het tot gevolg dat ‘n rekordaantal toekennings oorhandig gaan word en jy is genooi om dit by te woon! Ja, jy! Alle feesgangers is daagliks welkom om te kom deel in die feestelikheid by die Diamantstad Sterreweg-toekennings langs “Die KUNS van:” area. Kom delf ook gerus dieper in die suksesverhale van dié besonderse kunstenaars, sowel as ‘n uitstalling van al die ander kunstenaars wat dié gesogte toekenning oor die jare gekry het – jy ontgin dalk ‘n ster of meer.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order