Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES DIAMANTSTAD STERREWEG TOEKENNINGS - DONDERDAG

    Datum: Donderdag 1 September
    Plek: Gariepfees Feesterrein
    Tyd: 16:00

    Dozi

    Van kleins af het Dozi altyd geweet dat daar geen ander loopbaan as musiek was wat hy sou wou volg nie. In 1999 stel hy sy eerste album, Mercy, vry en dis die begin van vele suksesse vir die sanger met die unieke stem. Die feit dat hy een van slegs ‘n handjie vol blanke, Suid-Afrikaanse sangers is wat ten volle drietalig is, Afrikaans, Engels en Zulu, het daartoe gelei dat Dozi vinnig die musikale skakel oor kleurgrense geword het. Veral op programme soos Noot vir Noot was Dozi gou die held wat oor die vermoë beskik om rasse met sy drietalige melodië op ‘n eg Suid-Afrikaanse wyse saam te snoer. Nie lank na die sukses van sy Zulu gospel album nie, stel Dozi sy eerste Afrikaanse album, Op aanvraag, in die jaar 2000 vry en dié album behaal blitssukses met verkope van meer as 100 000 eenhede en dit verseker Dozi se plek onder die platinum-verkopers in ons land.

     

    Vele albums, waaronder, Storm op die horison en Rocking the world, volg in die jare daarna en treffers soos Ou Ryperd maak van Dozi een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers en laat palm hom vele toekennings in.

     

    Moet dus nie vanjaar, op Donderdag, 1 September om 20:00 die Dozi Explodes met CCR optrede by die Gariep Verhoog misloop nie.

    Lance James

    Hy is die wenner van ses SABC Sarie-toekennings, ‘n Loony’s-toekenning vir sy bydrae tot die vermaaklikheidsindustrie plus ‘n Ere-toekenning van die ATKV Centurion en dis nog net die begin van die lang lys toekennings wat Lance James, of te wel Big Daddy, al op sy rak het. Hy het ook al sewe toekennings vir sy lewenslange bydraes tot die Suid-Afrikaanse musiekindustrie gekry. Dit sluit in toekennings van die ATKV, Vonk, Ghoemas, Radio IFM Melodietoekennings, Lefra, Huisgenoot Skouspel en ‘n SAMA. Lance was ook al in vele top televisieprogramme en hy is ‘n geliefde stem op nie minder nie as 22 radio- en internetstasies.

     

    Sy immergewilde program, Keep It Country, was in April 2016 reeds 40 jaar op die radiogolwe en in April 2015 is hy as lid van die MTN Radio Music Hall of Fame opgeneem. Lance James het reeds op die ouderdom van sestien professioneel begin optree en het in 1962 sy eerste album opgeneem. Sedertdien het hierdie legende al meer as 100 albums vrygestel.

     

    Hy is by vanjaar se fees as deel van die Country Legends op Vrydag, 2 September om 18:00 by die Gariep Verhoog te sien.

    Barbara Ray

    Barbara Ray is, en sal altyd erken en onthou word, as The Queen of Country Music in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. Barbara het vanaf haar geboorteland, Skotland, in die middel sestigerjare na Suid-Afrika verhuis waarna sy begin optree en plate maak het. Sy was spoedig ‘n reuse sukses en ‘n huishoudelike naam. Haar konserte het haar regoor die land geneem, sowel as Zimbabwe, Namibië, Skotland, Madeira en ‘n baie suksesvolle toer deur Australië.

     

    Die Queen of Country het op menige top radio- en TV-programme verskyn, en gedurende haar loopbaan het sy meer as 22 goue plate ontvang. Van haar treffers, I don’t wanna play house, Who’s gonna tie my shoes en Down the Mississippi, om net ‘n paar te noem, is steeds in aanvraag op elke konsert. Sy het ook verskeie toekennings ontvang vir haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse  musiekbedryf wat die lewenslange bydraetoekenning deur  Huisgenoot Skouspel  asook die Radio IFM  Melodie-toekenning  insluit.

     

    Moet haar nie as deel van die Country Legends, wat op Vrydag, 2 September, om 18:00 by die Gariep Verhoog  optree, misloop nie.

    Jody Wayne

    Jody Wayne is ‘n suksesvolle sanger, liedjieskrywer, vervaardiger en  vermaaklikheidster wat in 1970 met The Wedding getref het. Hierdie liedjie palm vir hom nie minder nie as vier platinum plate in en word spoedig een van die grootste verkopers in die Suid-Afrikaanse geskiedenis van daardie tyd. Hy volg dié sukses op met nog treffers soos Patches, Sixteen Candles en Tell Laura I love her. Nie net vestig hy homself dus as SuidAfrikaanse sanger nie, maar bewys ook  sy veelsydigheid as liedjieskrywer. Ook sy  suksesvolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse  kunste, as vervaardiger, is indrukwekkend. 

     

    Hy word, deur sy loopbaan as vervaardiger, met 23 goue en platinum plate beloon. Jody vertolk ook die rol van Joseph in Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat – Andrew Lloyd Webber en Tim Rice se eerste Suid-Afrikaanse skouspel. Jody Wayne het tot op hede reeds 27 goue en platinum plate gemaak.

     

    Kom geniet gerus vanjaar dié ster se vertoning as deel van Country Legends, wat op Vrydag, 2 September, om 18:00 by die Gariep Verhoog optree.

    Sedert 2009 bied die Gariep Kunstefees jaarliks die Diamantstad Sterreweg-toekennings aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ‘n besonderse bydrae tot ons land se kunste gelewer het. Vanjaar se sterbelaaide program het tot gevolg dat ‘n rekordaantal toekennings oorhandig gaan word en jy is genooi om dit by te woon! Ja, jy! Alle feesgangers is daagliks welkom om te kom deel in die feestelikheid by die Diamantstad Sterreweg-toekennings langs “Die KUNS van:” area. Kom delf ook gerus dieper in die suksesverhale van dié besonderse kunstenaars, sowel as ‘n uitstalling van al die ander kunstenaars wat dié gesogte toekenning oor die jare gekry het – jy ontgin dalk ‘n ster of meer.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order