Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES DIAMANTSTAD STERREWEG TOEKENNINGS - SATERDAG

    Datum: Saterdag 3 September
    Plek: Gariepfees Feesterrein
    Tyd: 16:00

    Vicky Sampson

    Vicky Sampson is een van daardie sterre wat dikwels as internasionaal beskou word. Sy is egter trots Suid Afrikaans. Sowat twee dekades gelede het haar loopbaan afgeskop met haar televisie debuut in Soft Shoes waar die organiseerders van Follow That Star haar raakgesien het en die res is geskiedenis. Vicky het al in ‘n wye verskeidenheid van genres gewerk wat insluit kabaret, musiekekstravaganzas, radio- en TV insetsels. Haar veelsydigheid het haar al na onder andere Botswana, Swaziland en selfs Mmabatho geneem. Sy het uiteindelik in die Goudstad uitgekom waar Tusk Record Company haar opgeraap het in 1992.

     

    Daar is vele hoogtepunte in haar loopbaan, maar die toppunt hiervan is ongetwyfeld haar sukses met die liedjie African Dream in 1996. Hierna wen sy toekennings soos Beste Liedjie van East Coast Radio, die NTVA silwer-toekenning vir Beste Video en ‘n internasionale Midem-nominasie vir die video. Hierdie liedjie het haar wêreldroem verskaf en sy het in Oostenryk, Engeland, Duitsland, Singapoer, Swede, Nederland en Amerika getoer met die album. Sy bly deur die jare ‘n liefling op programme soos Noot vir Noot en haar African Dream bly ‘n inspirasie vir ons land.

     

    Sy is vanjaar, vir die eerste keer, by die Gariep Kunstefees te sien op Saterdag, 3 September, om 20:00 by die Gariep Verhoog.

    Sedert 2009 bied die Gariep Kunstefees jaarliks die Diamantstad Sterreweg-toekennings aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ‘n besonderse bydrae tot ons land se kunste gelewer het. Vanjaar se sterbelaaide program het tot gevolg dat ‘n rekordaantal toekennings oorhandig gaan word en jy is genooi om dit by te woon! Ja, jy! Alle feesgangers is daagliks welkom om te kom deel in die feestelikheid by die Diamantstad Sterreweg-toekennings langs “Die KUNS van:” area. Kom delf ook gerus dieper in die suksesverhale van dié besonderse kunstenaars, sowel as ‘n uitstalling van al die ander kunstenaars wat dié gesogte toekenning oor die jare gekry het – jy ontgin dalk ‘n ster of meer.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order