Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
Events
  • Die NHKA (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) se wortels lê in die Reformasie van die 16de eeu en die Gereformeerde erfenis van ons Nederlandse voorouers wat hulle vanaf die 17de eeu aan die suidpunt van Afrika kom vestig het.
     
    Met die Groot Trek van die 1830’s het daar verwydering ontstaan tussen die Kaapse Kerk en die Voortrekkers. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat al meer gemeentes in die binneland gestig is wat los van die Kaapse Kerk gefunksioneer het, en dat predikante uit Nederland beroep is. Die eerste gemeente is in 1842 in Potchefstroom gevestig en die eerste predikant, ds Dirk van der Hoff, is in 1853 daar ontvang en bevestig. Die eerste Algemene Kerkvergadering het in dieselfde jaar in Rustenburg plaasgevind.
     
    Ten spyte van terugslae soos ’n mislukte kerkvereniging met die Kaapse Kerk (1885-1886) en die lewensverlies en skade van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), het die Hervormde Kerk bestendig gegroei. Sedert die middel van die 20ste eeu was daar skerp groei sodat die Kerk teen die einde van die eeu amper 200 000 dooplidmate gehad het, versprei oor meer as 300 gemeentes in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Botswana. Weens dalende geboortesyfers, emigrasie en ander faktore het die Kerk se lidmaattal in die afgelope twee dekades weer begin afneem.
     
    Die geskiedenis van die NHKA word uitgebeeld in die SP Engelbrecht-museum.
     
    Die NHKA deel die drie ekumeniese belydenisse met kerke regoor die wêreld: die Geloofsbelydenis van Nicea, die Apostoliese Geloofsbelydenis (ook bekend as die Twaalf Artikels) en die Geloofsbelydenis van Atanasius.
     
    As Kerk van die Reformasie onderskryf die NHKA ook die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls.

    RECOMMENDED PLACES PROVIDING SIMILAR PRODUCTS / SERVICES
    Filter by
    Post Page
    Sort by
  • Admin Mail:
    Delivery: -
    100% Local: -
    Premium Company: -
    Service Excellence Promise: -
    Local Grading: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Place (overall):
    Rate this Place individually for:
    Service
    Staff
    Value

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order