Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES PIETER EN DIE WOLF

    Datum: Donderdag 1 September
    Plek: Gariepfees Newton Teater
    Tyd: 19:00
    Koste: R100

     

    Die welbekende Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes gaan vir ‘n besondere konsert by die Gariep Kunstefees sorg. Hul program sluit onder andere die heerlike Pieter en die Wolf, deur Sergei Prokofjev, in. Dis ‘n werk wat uitstekende musiekvermaak aan die hele gesin bied, en die sprokie met musiek en woorde vertel. Hul konsert program sluit ook Die Swaan (uit die Karnaval van die Diere van Camille Saint-Saëns), die vierde beweging uit die negende simfonie van Antonin Dvorák, die Donder en Weerligpolka van Johann Strauss en uittreksels uit Lord of the Dance en Star Wars in. Die dirigent vir die orkes se konsert by die Gariep Kunstefees is Chad Hendricks van Retreat, wat vroeër vanjaar aangewys is as die wenner van die derde Len van Zyl-kompetisie vir dirigente.

     

    Verteller Philip de Vos is bekend onder musiekliefhebbers as opsteller van bekende musiekprogramme vir Radio Sonder Grense (RSG) en ook as verteller tydens uitvoerings van Pieter en die Wolf en die Karnaval van die Diere met sy eie Afrikaanse teks vir hierdie geliefde orkeswerke.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order