-
Datum: Saterdag, 13 April 2019
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: St Cyprians Cathedral Hall
Kabaretkustenaar Willie Strauss se kookboek, “Daar is ‘n Engel in my Koskas” is ‘n treffer verkoper binne drie maande na die boek vrygestel is. Sy produksie Die Duiwel dra Crocs, Daai ene met die Vlerke en Daar is ‘n Engel in die die Kos het gehore landwyd by feeste en funksies vermaak.
Sy sielvolle vertolkings en humoristiese aanslag op die verhoog maak jou funksie ‘n onvergeetlike ene met ‘n lag en traan. Hy is ‘n gewilde aanbieder van die kookprogram Kos is op die Tafel op Mytv. Saterdae het hy ‘n weeklike kospraatjie op PretoriaFm en gesels deesdae ook kossake saam met Amore op RSG. In sy Kook en Sing produksie sing hy van sy oorspronklike liedjies en lees verhale en Poësie voor wat die gehoor op ‘n reis neem.
Tydens sy vertoning gaan hy van die liedjies sing van sy nuwe CD wat September vrygestel gaan word. Tussen deur demonstreer hy ‘n gereg of twee en leer die gehoor om ‘n fondant roos te maak. Willie trek met die unieke produksie kosmaak ‘n kulturele baadjie aan wat aanklank vind by oud en jonk.
Besprekings:
083 300 5447 of 0860 278 478
Shortlink for this post: https://www.kimberley.co.za/?p=34471
-
Credit Cards Accepted: -Smoking: -
-
-