Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES DAA' GAAT DIE BRUID!

    Datum: Saterdag 3 September
    Plek: Gariepfees Newton Teater
    Tye (3 shows): 11:00, 15:00, 18:00
    Koste: R135

     

    Dit is die oggend van Judy se troue. Almal is in rep en roer om alles in gereedheid te bring. En dan slaan die klug toe! Terwyl Judy en haar ma, Ursula, gereed is om kerk toe te vertrek, kry haar pa, Malan, die uitvoerende hoof van ‘n advertensiemaatskappy, ‘n hou teen die kop en dan begin die poppe dans – letterlik! Polly, ‘n pragtige “cut-out” meisie van een van sy advertensieveldtogte, kry lewe. Voeg daarby ‘n seniele ouma, ‘n moeilike oupa, ‘n verdwaalde skoonpa, ‘n flambojante assistent en ‘n deur of drie, en jy beskik oor al die lekkerlag elemente van nog ‘n histeriese Lefra-klug!

     

    Lefra Produksies is reeds bekend vir hulle lekkerlagklugte wat gehore landwyd sedert 2012 vermaak, en vanjaar is klugkoning, Frans Swart, se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ Gaat die Bruid!, aan die beurt en besoek die Gariep Kunstefees in Kimberley. Die oorpsronklike, There Goes The Bride, is een van Cooney en Chapman se mees suksesvolle West End-klugte tot op hede, en uittreksels vanuit die Londonse resensies beskryf die klug dalk die beste: “… die klug word lawwer en snaakser soos dit aangaan… dit het tempo, presisie en vernuf”, was die uitspraak in die London Daily Mirror. Volgens die BBC is dit “briljant geskryf”. Daa’ Gaat die Bruid! spog met top akteurs soos Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order