Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES DAMES-DOE MET
    GLAM GURU, HANNON BOTHMA

    Datum: Donderdag 1 September
    Plek: Sun Flamingo (Konferensiesaal)
    Tyd: 09:00
    Koste: R180

     

    Jaarliks ontstaan die vraag watter feesaanbiedings is nog relevant en watter moet plek maak vir ietsie nuut. Die Dames-doe word dan ook geweeg om te kyk of dit nog ‘n plek in die beplanning verdien. En die bevinding is dat die dames steeds ‘n doe wil hê. Toe vanjaar se aanbieding dus oorweeg word, is besluit om weer van die vorige wenresepte te gebruik. Een daarvan is die Glam Guru – Hannon Bothma. Na die positiewe terugvoer wat sy vorige feesbesoek gekry het, is hy weer vanjaar die kunstenaar wat dames gaan kom adviseer oor ‘n feestelike voorkoms.

     

    Bel solank jou vriendinne en maak seker julle mis nie die Glam Guru by vanjaar se Dames-doe nie. Nog ‘n wenresep was die jaar toe die dames elk ‘n geskenkie vir ‘n minderbevoorregte meisie na die Damesdoe moes bring. Die feeskantoor het uit sy nate gebars na afloop van die funksie en oral was die kleurvolste geskenkies wat net gewag het vir aflewering. Na afloop van die fees is honderde meisies bederf met dié geskenkies. Vanjaar wil ons weer so maak. Koop dus betyds jou Dames-doe kaartjies en beplan solank jou spesiale feesgeskenkie aan ‘n spesiale meisie. Kaartjies sluit ook jou terreintoegang vir die dag in en dus is dit besonderse waarde vir geld met ‘n feestelike kuier daarby!
    Sien jou daar!

     

    Kaartjies beskikbaar by Computicket of die fees se kaartjiekantoor in die Garden Court Kimberley by Du Toitspanweg 120.

     

    Jou Dames-doe kaartjie gee jou ook terreintoegang op Donderdag, 1 September 2016. Tentfooie is egter steeds van toepassing. Ruil net jou kaartjie op die feesterrein by die hekke vir ‘n armbandjie. Verseker dis vas om jou arm en kom delf dieper en ontgin jou wêreld by vanjaar se fees.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order