-
Datum: Saterdag, 24 Augustus 2024
Tyd: 11:00
Plek: Bella Cardi
Koste: R300pp (Ete Ingesluit)
Dames, maak julle gereed vir ‘n onvergeetlike oggend!
Sluit by ons aan vir ‘n fondinsameling saam met die gevierde grimeerkunstenares Alicia Buckle, ten bate van die Jannie Roux Kinderhuis Caritas Community Focus, in samewerking met BNI Prima.
Kom geniet ‘n lekker dag waar Alicia Buckle ons toespreek en ‘n demonstrasie van haar grimeerkuns doen. Alicia sal een demonstrasie doen, stap vir stap.
Geniet ‘n heerlike langtafel-ete terwyl julle na die inspirerende Alicia Buckle luister. Sy is bekend vir haar pragtige grimering wat talle plaaslike “celebrities” laat straal het.
Daar is ook pryse te wen en die dag word nog meer spesiaal gemaak met heerlike Wat Wil Jy Drink? wyne.
Moenie hierdie geleentheid mis nie om ‘n verskil te maak in die lewens van die kinders by die Jannie Roux Kinderhuis terwyl jy terselfdertyd pret het!
Kaartjies is beskikbaar by:
Torga Optical in die Diamond Pavilion Mall
Bel 073 204 0994
Bel 083 233 3350
Of KLIEK HIER om aanlyn kaartjies te bestel.
Shortlink for this post: https://www.kimberley.co.za/?p=38111
-
Credit Cards Accepted: -Smoking: -
-
-