-
Datum: Woensdag, 29 Oktober 2025
Tyd: 19:00
Plek: Laerskool Eureka
KLIEK HIER OM AANLYN KAARTJIES TE KOOP
Ná 38 jaar op die verhoog staan Nataniël bekend as sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon met sy asembenemende kostuums. Op Woensdag 29 Oktober het inwoners van Kimberley die geleentheid om Nataniël in Concert te ervaar, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaaksste stories in Afrikaans en Engels.
Nataniël deel die verhoog van die Laerskool Eureka met die Charl du Plessis Trio. Hierdie wêreldberoemde trio bestaan uit pianis Charl du Plessis, kontrabasspeler Werner Spies en tromspeler Peter Auret. Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper Floris Louw word spesiaal vir die geleentheid onthul.
Shortlink for this post: https://www.kimberley.co.za/?p=32636
-
Credit Cards Accepted: -Smoking: -
-
-

