-
Datum: Saterdag, 31 Oktober 2026
Tyd: 19:30 (deure open 18:00)
Plek: @ The Fire Venue
Kaartjies:
R150pp Early Bird (Beperkte Hoeveelheid)
R180pp Normale Prys
Kaartjies Beskikbaar op www.kimberleyevents.co.za
Kimberley, maak gereed! Mel die Storieverteller is op pad met haar skreeusnaakse vertoning Internet Sensasie! Skud die bollas los, verf die lippe rooi, trek jou lekker swags aan en bring die hele spul saam – jou vriende, familie en sommer daai tannie wat altyd weet wat in die straat aangaan! 😄
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: At the Fire Venue
Adres: Landbouweg, Kimberley
Kaartjieprys: Slegs 100 early bird kaartjies beskikbaar teen R150pp daarna R180pp
Deure open: 18:00
Vertoning begin: 19:30
Kaartjies: www.kimberleyevents.co.za / Andrea 083 350 3504
Kos stalletjies en kroeg beskikbaar.Shortlink for this post: https://www.kimberley.co.za/?p=42657
-
Credit Cards Accepted: -Smoking: -
-
-

