Profile
Profile
More Info
Photos
Map
Reviews
  • Kimberley 2018: Hierdie keer is dit nie tot weersiens nie, maar koebaai.
    Die direksie van die Gariep Kunstefees het die moeilike besluit geneem om nie voort te gaan met dié jaarlikse skouspel van die kunste in Kimberley nie. Na agtien jaar se feeste kondig hulle die einde aan.

    Volgens die Uitvoerende Bestuurder van die Gariep Kunstefees, Bernice Versluis, was dit ‘n moeilike, maar nodige besluit. Met die huidige onsekerheid oor befondsing en die ongunstige omgewing is besluit om eerder nie voort te fees nie.

    GARIEPFEES GOSPEL KOEBAAI

    Datum: Sondag 4 September
    Plek: Gariep Verhoog
    Tyd: 11:00

     

    Die Gospel Koebaai is oor die afgelope paar jaar gevestig as die hoogtepunt waarmee die fees jaarliks afgesluit word. En ‘n hoogtepunt is dit inderdaad. Vanjaar maak ons weer so.

     

    Dominee Danilo Stoltz, van APK Die Kruis, bring vanjaar se boodskap en Adam Barnard is die sanger vir die dag. Die Kruis gemeente is jaarliks een van die plaaslike instansies wat ‘n kosstalletjie vir fondsinsameling tydens die Gariep Kunstefees bedryf en dus is Dominee Stoltz ‘n bekende gesig op die feesterrein. Adam Barnard, eens deel van die groep Romanz, het deesdae ‘n baie suksesvolle solo-loopbaan en hy kom bederf vanjaar se feesgangers met sy talent en gewilde Gospel-musiek.

     

    Die Gospel Koebaai begin om 11:00 by die Gariep Verhoog en daarna sal die kindertjies bederf word met die Gospel kindervertoning – Clarice en die Reënboogkidz. Kom dus lekker vroeg en neem jou sitplek in vir ‘n feestelike afsluiting van vanjaar se Gariep Kunstefees op die regte manier. Aangesien Sondag ook gesinsdag is, en toegang slegs R20 per persoon is, kan feesgangers ook nog die stalletjies geniet en sommer ietsie te ete kry op die feesterrein.

    ALLES GARIEPFEES -> KLIK 'N OPSIE

  • Credit Cards Accepted: -
    Smoking: -
  • No Records Found

    Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.

    Google Map Not Loaded

    Sorry, unable to load Google Maps API.

  • Leave a Review

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Rate this Event (overall):

    Drop files to upload


    Please drag & drop the images to rearrange the order